Oolfant se potgooi

"My kind sukkel so met lees"

March 03, 2021 Marisa Haasbroek Season 1 Episode 7
Oolfant se potgooi
"My kind sukkel so met lees"
Show Notes

Die Leer Lees met Tippie reeks is sommer baie gewild onder tuisskolers. Daarom is dit vir my ʼn groot voorreg om hierdie week met Reinette Lombard te gesels, een van die “ma’s” van Tippie. Die ander “ma” is Reinette se eie ma, José Palmer.

Ek was baie bly om te hoor die Tippie boekies het glad nie ʼn graadfokus nie. Dit maak dit natuurlik ook baie maklik vir tweedetaalsprekers om Afrikaans deur Tippie te leer.

Reinette, die remediërende terapeut, en José, die skryfster, benader lees op ʼn eklektiese manier. Hulle glo dus kinders leer die beste as hulle foneties leer lees, maar hulle benut ook sigwoorde om die hele proses makliker te maak. 

Lekker luister na al Reinette se raad en wenke oor leer lees.

Vir meer inligting oor Tippie, besoek gerus hierdie Facebookblad: https://www.facebook.com/learntoreadtippie

Of hierdie YouTube kanaal:
 https://www.youtube.com/channel/UCMm1w-aHyTPze81kvA2Itcw