Oolfant se potgooi

Die belangrikste ding om jou kinders te leer

March 10, 2021 Marisa Haasbroek Season 1 Episode 8
Oolfant se potgooi
Die belangrikste ding om jou kinders te leer
Show Notes

Ek wil vandag graag met jou praat oor die belangrikheid om jou kinders goed te leer skryf. 

Al hoe meer mense begin besef dat om hulle vlot op papier te kan uitdruk belangriker is as om eindelose sinne van lydend na bedrywend te verander. Of om lyste en lyste idiome en verkleinwoorde uit hulle koppe te leer.

Vir verreweg die meeste mense is al die soorte bywoorde wat mens kry by die een oor in en die ander een uit. Maar hulle sal waarskynlik vir die res van hulle beroepslewe moet onthou hoe struktureer mens ’n stuk skryfwerk.

As jy jou kind vra om oor enigiets te skryf, is hy of sy verplig om hulle gedagtes te orden. Hulle moet feite en idees met mekaar in verband bring. Hulle moet die logiese gate in hulle argumente raaksien.

Dis gesofistikeerde take, maar dis uitstekende take. Skryf leer jou kind dink, maar in die proses van skryf leer jou kind ook om inligting te verwerk en regtig sy of haar eie te maak.

Gee vir jou kinders die voorsprong dat hulle so skryf dat ander mense inderdaad wil lees wat hulle geskryf het.

In hierdie episode gee ek vir jou 7 wenke oor leer skryf gee wat jy by 5 ander tuisskoolma’s kan leer. 

Vir meer inligting oor die 3-in-1-Afrikaans pakket, klik op hierdie skakel:

tuisskool-in-afrikaans.teachable.com/p/3-in-1-afrikaans-verstek