Oolfant se potgooi

SA tuisskoler slaan internskap by top animasieateljee los

April 28, 2021 Marisa Haasbroek Season 1 Episode 14
Oolfant se potgooi
SA tuisskoler slaan internskap by top animasieateljee los
Show Notes

Hierdie week is ek baie opgewonde om groot nuus met jou te deel. My dogter, Annamaria het ʼn internskap losgestaan by die bekende animasie-ateljee Pixar.

Maklik was dit nie aldag nie. Hier teen die middel van haar opleidingstyd was Annamaria so moedeloos en oortuig dat sy nie goed genoeg is nie. Dit was ongelooflik om te sien hoe sy haarself afgerig het om haar kop reg te kry. Sy moes bly uitsorteer wat sy moet doen om haar vaardigheidsvlak te verbeter. Een van die moeilikste dinge wat sy byvoorbeeld moes doen is om haar doelbewuste blootstelling aan kritiek meer te maak.

Ek hoop van harte die onderhoud wat ek met haar gevoer het, gaan jou en jou kinders inspireer om deur te druk en aan te hou op pad na julle drome.

Hier is meer inligting oor van die animasieskole en gratis sagteware waarvan ons gepraat het.

https://www.animationmentor.com/

https://www.theanimcourse.com/

https://www.blender.org/

En hier is die video oor die twaalf beginsels van animasie:

Vir meer inligting