Oolfant se potgooi

Gee jou kind die gawe van geestesgesondheid

May 05, 2021 Marisa Haasbroek Season 1 Episode 15
Oolfant se potgooi
Gee jou kind die gawe van geestesgesondheid
Show Notes

“Intelligensie bepaal maar 15% van jou kind se uiteindelike lewensukses,” sê veteraantuisskoolma en leefgids Lindi Potgieter.

So baie keer fokus ons as tuisskolers meestal op akademiese mylpale vir ons kinders en skeep soms hulle emosionele intelligensie af.

In hierdie potgooiepisode praat Lindi hoe jy self jou kind se leefgids of “life coach” kan word.

Sy haal ʼn paar interessante sienings op oor wat sy die “coach approach” tot ouerskap noem. Soos byvoorbeeld hoe belangrik kommunikasie is. Dit sluit natuurlik luister in, maar ook die kuns om die regte vraag op die regte tyd vir jou kind te kan vra.