Oolfant se potgooi

Terugvertel: ’n kragtige pyl in jou tuisskoolkoker

Marisa Haasbroek Season 1 Episode 12

Een van die sleutels waarmee Charlotte Mason reken kinders toekomsdeure vir hulself oopsluit is deur terug te vertel van wat hulle so pas gelees of geleer het. As kinders terugvertel druk hulle in hulle eie woorde uit wat hulle ingeneem en verstaan het. Terugvertel laat jou kinders beter onthou en beter begryp. Boonop leer hulle so om hulle gedagtes te orden. Terugvertel is ʼn kragtige pyl in jou tuisskoolkoker. 

In hierdie episode hoor jy van ʼn hele klomp wenke en idees wat jy kan gebruik om terugvertel makliker deel van julle tuisskooldag te kan maak.

Vir meer inligting